VitaSure-dagroom is spesifiek geformuleerde dagroom wat die vel bevogtig en voed, sowel as 'n uitstekende beskermer teen UV-skade wat deur die son veroorsaak word. Hierdie produk is 'n breëspektrum sonfilter wat teen skadelike UVB (beskermingsfaktor 30) en UVA-strale (360 nm) beskerm. VitaSure is 'n ryk, dog nie-vetterige dagroom wat ook as 'n bevogtiger gebruik kan word. Gereelde gebruik van VitaSure-dagroom beskerm teen die strawwe klimaat, en beperk die sonskade wat lei tot voortydige veroudering en die ontwikkeling van velkanker.
Smeer jou dagroom daagliks vrylik aan die hele gesig, nek en ore. Daaglikse gebruik sal uitstekende beskerming teen die elemente verseker. As jou vel baie droog is, kan jy weer op die probleemareas aansmeer. As you lang tydperke in die son gaan deurbring, moet groot hoeveelhede van hierdie produk toegedien word op alle areas wat aan die son blootgestel word. Wanneer jy swem of sport doen waar oormatige sweet moontlik is, is gereelde hertoediening raadsaam om sonbrand te voorkom. VitaSure Dagroom kan nie bestaande sonbeskadigde vel herstel nie. Hou buite bereik van kinders.
top of page
Aanlyn konsultasies
Voorspoedige nuwe jaar 2021
Voorspoedige nuwe jaar 2021

079 562 3251

SKU: 364115376135191
R 250,00Price
bottom of page
