top of page

AKNEE GALLERY

Isotretinoïen (Roaccutane, Oratane, Acnetane) word daagliks in 'n dosis van 1/2 tot 1 mg/kg geneem om 'n totale dosis van 120-150mg/kg te bereik. Vir 'n individu van 60 kg sal 2x20 mg daagliks 6 maande neem om hierdie dosis te voltooi.

 

Voorbehandelingsondersoeke sluit lewerfunksietoets, cholesterol en trigliseriede in. Dit word na een maand en aan die einde van behandeling herhaal.

 

Newe-effekte van Roaccutane sluit in droë lippe, droë neus, droë oë, gewrigpyne, lewerdisfunksie, gemoedskommelings, depressie en by vroue, 'n effek op die fetus as swangerskap plaasvind. Roaccutane veroorsaak nie onvrugbaarheid nie.

 

Roaccutane het 'n rewolusie in die behandeling van aknee veroorsaak, wat gelei het tot 'n genesing in 70% van individue wat die medikasie gebruik.

 

Dubbelklik op die prent om na die skyfievertoning te kyk.

bottom of page